Agter van links is, Terésa Laubscher (onder-voorsitter), Tom de Koning (voorsitter), Johan Meyer, Lia Fourie (sekretaresse), Hannatjie van Wyk en Isabel Bothé.Voor is, Anya Wasserman (tesourier), Anita Fourie(skakelbeampte), Bart Daffue en Willy Porter (oudio-visuele bestuurder).

Foto: Verskaf

Die aktiwiteite van die Jeffreysbaai Tuinbouklub skop op Dinsdag, 6 Februarie om 14:00 af. Die eerste byeenkoms vind by die N.G. Kerksaal, Da Gamaweg, Jeffreysbaai plaas en die onderwerp van die dag is strand-en-duine-ekologie.

Die verdere program vir die jaar sluit in:

  • Versorging van tuingereedskap
  • Stokperdjie-uitstalling
  • Giftige/Eetbare plante
  • Fuchias (Ballerinas in die tuin)
  • Fotografie
  • Afsluitingsfunksie en viering van 35ste bestaansjaar

Gedurende die jaar word ook uitstappies onderneem, soos bv. besoeke aan BKB, ’n sitrusplaas en Addo Olifantpark. Daar word ook ’n kort toer beplan in die Oos-Kaap.

Voorkeur word aan lede gegee om hierdie uitstappies en toer mee te maak, as daar ’n beperkte getal vasgestel word.

Ledegeld beloop R80 per jaar met ’n eenmalige intree-fooi van R20. Die besoekersfooi is R10 per besoek.

Na elke vergadering word tee/koffie en verversings bedien.

Alle bestaande en voornemende lede word vriendelik uitgenooi om die jaar se verrigtinge te kom bywoon.Vir meer inligting, kontak Tom op 074 886 9928 of Terésa op 082 332 2650.

– UITGEREIK DEUR JEFFREYSBAAI TUINBOUKLUB

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article