’N MAN (38) van Jeffreysbaai is verlede Donderdag in die streekshof op Humansdorp direkte tronkstraf opgelê nadat hy gesteelde goedere verberg het by sy huis in die Pellsrus-woonbuurt.

Aubrey Walton het kalm en beheers in die beskuldigdebank gestaan en luister toe die landdros sy vorige veroordelings voorgelees het.

Walton was sedert sy inhegtenisneming verhoorafwagtend vir nege maande in die St Albans gevangenis en het skuldig op die klagtes gepleit.

Sy regsverteenwoordiger van die Regshulpraad het sy pleitooreenkoms in die hof uitgelees.

Volgens sy pleit het hy erken dat hy op 29 September 2020 die polisie toe-stemming gegee het om sy huis te deursoek waarna hulle die ge-steelde items ter waarde van R9 500 gekry het.

Walton het erken dat hy genoemde items by sy adres gestoor het.

Die landdros het genoem dat alhoewel Walton twee kinders het wat minderja-rig is, hy nie kon bewys dat hy die primêre versorger is nie vanweë sy misdaadrekord. Walton het glo reeds op ’n baie jong ouderdom met die gereg gebots.

Volgens die landdros moet die vonnis as afskrikmiddel dien vir voornemende misdadigers omdat die gemeenskap dit verwag van die howe.

Walton is vyf jaar tronkstraf opgelê waarvan twee jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is.

Hy sal dus drie jaar direkte tronkstraf uitdien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article