JEFFREYSBAAI hou in September groot makietie.

“Die reëlings vir die KIA Makietie vir Jeffreysbaai as Kwêla se Dorp van die Jaar-wenner is besig om gefinaliseer te word,” sê Therese Benade.

“Inwoners kan hulle solank regmaak om die dorp se nuwe status behoorlik op Saterdag 22 Spetember te vier.

“Boonop is dit ’n lang naweek!

“Soos altyd sal daar talle kunstenaars wees wat optree en ’n paar opwindende verrassings.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article