‘n Sterkman van Jeffreysbaai, Stand Green, woon vanjaar die Arnold Classic Africa 2018 by die Sandton-konvensiesentrum in Gauteng by
Armdruk? Armstoei? Eintlik het dit niks te make met armoede nie, maar alles met ’n sportsoort waaraan manne en vroue ewe suksesvol kan deelneem.
Die sportsoort wat nie net in die VSA be-kend is nie, word hier te lande beoefen onder die beskerming van die South African Arm Wrestling Federation, met Ryno Oosthuizen as president en Daniël Bezuidenhout as vise-president. James J. Lorimer, hoof-uitvoerende beampte van Classic Productions Inc, mede-stigter van die Arnold Classic in Columbus saam met Arnold Schwarzenegger, sê dié is tans een van die grootste reekse van die multi-sportfeeste wêreldwyd. Daar word steeds gestreef om te verbeter op elke vorige beste aanbieding.
Die Sandton-aanbieding vorm deel van die Arnold Sportfees wat vanjaar groot byeenkomste op ses kontinente, aanbied. Die VSA-groep se feeste vind plaas in Columbus, Ohio, gevolg deur geleenthede in Melbourne, Australië, Brasilië, Hong Kong en Barcelona, Spanje. Hier word gefokus op professionele en amateur- liggaamsbou, krag- en geveg-sportsoorte, ’n groot gesondheid- en fiksheid-ekspo, sowel as jeug-deelname in verskeie dissiplines wat wissel van kontinent tot kontinent.
Die Arnold Classic Africa is SEB-geöriënteer. Borge ter ondersteuning sal waardeer word. Skakel Green by 079 220 9757.




