Die Hoërskool Nico Malan het onlangs ’n spoggerige kunstefees, Inikollig, in die kleine aangebied. Feesgangers kon verskeie produksies, wat die leerlinge self geskryf en opgevoer het, in klaskamers geniet. Dit was volgens ’n goed uitgewerkte feesprogram.
Die produksies het gewissel van sang en dramatisering tot musiekuitvoerings en ’n revue.





