DIE Humansdorp Krieketklubb vergader op Maandag, 25 Junie om 18:30 by die Humansdorp Sekondêre Skool.

Die nuwe komitee vir die 2018/ 2019-krieketseisoen sal tydens die vergadering verkies word.

Die klub het twee spanne wat onderskeidelik aan die Promosie-liga en die Sesde Liga van OP-Krieket deelneem.

Nuwe spelers is welkom om by die klub aan te sluit.

Die klub hou op 7 Julie ’n gholfdag by die Zwartenbosch Golflandgoed in Humansdorp om fondse vir die nuwe seisoen in te samel.

Groot pryse is om te spel.

Almal is welkom om aan die dag deel te neem.

Vir inligting, skakel Clement Potgieter by 073 216 7339.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article