DRIE van die Hoërskool Paul Sauer se o.11 meisies het op 11 en 12 Maart in Cradock in erge hitte gaan deelneem aan die provinsiale atletiekbyeenkoms waar hulle die Sarah Baartman span verteenwoordig het.

Cara du Plessis (links) het tweede gekom in die hoogspring waar sy ook die OP-rekord geëwenaar het.

Cleo Heyels-Potgieter (middel) het vier-de gekom in die 70m-hekkies finaal en 5de in die 80m finaal.

Isenathi Ngxulelo (regs) het 5de gekom in die 70m-hekkies finaal en 6de in die 100m finaal. Hierdie meisies was ook deel van die o.11 Sarah Baartman aflosspan, wat die aflos gewen het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article