Die Hoërskool Paul Sauer leerders blink nie net uit op akademiese vlak nie, maar hulle presteer op kultuur- en sportgebied ook.
Esti Pretorius is onlangs gekies vir die Oos-Kaap o.12-netbalspan.
Shannon Stanley dring deur na die semi-finale rondte in die Oos-Kaap van die 2023 ATKV Redenaars kompetisie in die Graad 10 tot 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal kategorie met haar toespraak, “Harde werk bemagtig ons!”
– BERIG VERSKAF DEUR HPS





