Philip Steenkamp met die oorspronklike boek en Tana Kruger met die nuwe weergawe.

Foto: Verskaf

Die Humansdorp Museum Vereniging (HMV) het gedurende 2017 kopiereg by Prof Douw G. Steyn en Elise J. Steyn, die skrywers van The Sea Shells of Jeffreys Bay, gekry om die genoemde boek te laat herdruk.

Die eerste oplaag is reeds teen die middel van 2021 uitverkoop.

Philip Steenkamp en Tana Kruger, vrywilligers en lede van HMV, het met die eerste herdruk sekere regstellings gemaak en daarna die reuse taak onderneem om alle verouderde inligting op te dateer.

Heelwat skulpe is deur middel van DNS herklassifiseer en in die boek bygewerk.

Maande van naslaan, en vele ure op die internet en rekenaar het gevolg om die boek gereed te kry om na die drukkers te gaan.

Vanaf middel Julie 2022 is die nuwe, derde opgawe egter nou alleenlik in die Skulpmuseum beskikbaar.

Die nuwe boek is ’n gebruikersvriendelike gids wat ook alledaagse noemname van die skulpe bevat en belangstellendes kan help om Jeffreysbaai se groot skulpverskeidenheid te identifiseer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article