Ons het hom leer ken as Krynauw in Egoli: Plek van Goud, en daarna het hy rolle in reekse en flieks ingeryg, soos in Susanna van Biljon, Vallei van die Sluiers, Manakwalanders, Torings en ook die sepie, 7de Laan. Hannes van Wyk, gewilde Kwêla-aanbieder wat al met Nelson Mandela, Arnold Schwarzenegger, Bill Clinton en Sophia Loren onderhoude gevoer het, besoek op 14 September om 09:30 die NG Kerk Moedergemeente in Humansdorp waar hy gaan praat oor Wat elke Vrou wil Weet. Kaartjies kos R100 per persoon. Skakel Lida van Onselen by 083 962 2417 of Erina de Jager by 083 419 7133. foto:VERSKAF
Hannes besoek gemeente
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.