Jeffreysbaai Gholfklub
Die Jeffreysbaai Gholfklub vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar. FOTO: Verskaf

Jeffreysbaai Gholfklub gaan 80ste vier met groot makietie


JEFFREYSBAAI – Groot makietie word Saterdag op Jeffreysbaai gehou wanneer die gholfklub sy 80ste verjaardag vier.

“Dit gaan ‘n lekker en aangename dag wees,” sê Hes Niemand, die klub se vrouekaptein.

Tydens die gholfdag gaan die president, Ockie Esterhuizen, se span teen die klubkaptein, Stef Carewicz, se span te staan kom.

Niemand sê uiters interessante gholf word verwag omdat talle top-spelers in aksie sal wees.

Die naweek se verrigtinge begin môre (30 Oktober) met ‘n par 3-kompetisie voordat die loting vir Saterdag se spanne amptelik begin.

“Nadat die spanne bekend gemaak is, begin die opwinding met gholf van hoogstaande gehalte wat verwag word tussen skitterende spelers. Na die gholf word ‘n groot steak-braai gehou met lekker musiek deur die plaaslike groep, Just Us,” sê sy.

Die klub is in 1946 deur Harry Bidden, Sonny Colling, Tommie Ferreira en ‘n dr. Schoeman gestig. Sedertdien het die klub ‘n gewilde bymekaarkomplek vir spelers en vriende geword. Nou kyk die klub terug na dekades van goue herinneringe.

Dit is ook perfek geleë met ‘n uitsig oor die see.

Die baan is in uitstekende toestand met verbeteringe wat deurgaans aangebring word.

LEES OOK: OCR champion conquers 600 Bloukrans Bridge monkey bars

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article