Wyle Henry Alexander.Foto: VERSKAF


Een van die Demokratiese Alliansie se vurigste ondersteuners in Arcadia, Humansdorp, is op 14 Februarie op die ouderdom van 42 oorlede, ná ’n siekbed.

Henry Alexander Jnr, of Hompie soos hy alombekend was, is gebore en getoë in Arcadia op Humansdorp.

Diegene na aan hom het hom beskryf as ’n man wat nie geskroom het om hom teen die sinnelose geweld in die gemeenskappe uit te spreek nie.

Volgens sy suster, Bettie, was hy altyd behulpsaam en sou uit sy pad gaan om vir sy medemens iets te doen, al was dit hoe ge-ring.

Hompie se pa, Henry snr (bekend as “die Jood”) is in 2015 oorlede en het as ’n groente- en vrugte-smous gewerk op die dorp. Net soos sy pa was Hompie ook baie lief vir grappe en het ook deel gevorm van die plaaslike VGK se kerkraad.

Volgens DA raadslid (wyk 4) , wat ook die oorledene se neef is, Jaques Alexander, was Hompie altyd behulpsaam met take wat sy rol as aktivis by die DA betref het.

“Ons in die gemeenskap be-skou al ons aktiviste as die masjien wat altyd soos een man die DA-wa deur die drif gedra het, veral voor die verkiesing. Hompie se rol in die gemeenskap sal altyd gemis word en nie net in wyk 5 nie maar ook in wyk 4,’’ het raadslid Alexander gesê.

Hompie word oorleef deur sy eggenote Deborah (Debbie), twee seuns, een dogter, sy moeder en vier susters.

Wyle Henry Alexander, bekend as Hompie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article