Die gemengde boerdery-eenheid van 575ha bestaan uit 56ha sitrus, waarvan 22ha onder nette is.

Foto: Verskaf

Die Gamtoosvallei en die Humansdorp-distrik is waar dié drie plase per openbare tender verkoop word deur Van Rensburg Veilings.

Die drie plase word as volg onderskei:

1) ±20ha suurlemoene in vol produksie te Swartlande, Hankey;

2) 575ha Suurveld plaas met 56ha sitrus, 35ha spilpunte ens. as gemengde boerdery eenheid, en

3) 82ha waterryke sitrusplaas te Loerie.

Die ongeveer 20ha suurlemoene in Swartlande, Hankey, is geleë langs die Kleinrivier, met 18.6ha ingelyste water en is in vol produksie. Die variteite sluit in Eureka / Growweskil-onderstam suurlemoene.

Die ongeveer 20ha suurlemoene in Swartlande, Hanke
Die ongeveer 20ha suurlemoene in Swartlande, Hankey met Eureka / Growweskil-onderstam suurlemoene.
Die gemengde boerdery-eenheid van 575ha, met 56ha
Die gemengde boerdery-eenheid van 575ha, met 56ha sitrus, waarvan 22ha onder nette is.
Die restant van die 575ha boerdery beslaan 470ha w
Die restant van die 575ha boerdery beslaan 470ha weidingskampe en veld.

Die gemengde boerdery-eenheid van 575ha, geleë tussen Hankey en Humansdorp aan die R332 en 7km van die Zwartenbosch Quarry, is puik verbeter met 56ha sitrus, waarvan 22ha onder nette (Nova, Leandrie, Satsuma, Nadercotte). Daar is ook 48ha weiding onder besproeiing en met die goeie ingelyste waterregte vir 130ha se besproeiing bied die plaas puik water vanaf rivier en boorgat. Die restant van die plaas beslaan 470ha weidingskampe en veld in ‘n prentjiemooi landskap.

Verdere verbeteringe sluit in ‘n stoor van ±300m², veehanteringsgeriewe, 3-slaapkamer woonhuis en meer.

Die 82ha plaas het volop water wat voorsien word d
Die 82ha plaas het volop water wat voorsien word deur ‘n boorgat met stoorkapasiteit in n groot dam op die plaas.
Foto: Verskaf

Die plaas van 82ha by Loerie in die Gamtoosvallei is in vol produksie, met 10.7ha jong sitrus (Navels, Nadorcotte Nartjies & Suurlemoene) en ‘n addisionele 15ha reeds ontwikkelde landbougrond.

Volop water word voorsien deur ‘n boorgat (40 000l/uur) met stoorkapasiteit in ‘n groot dam op die plaas. Ander geriewe sluit in die stoor van ±200m² met ‘n netjiese 2-slaapkamer woning wat uitkyk oor die boorde in die vallei.

Die drie plase word afsonderlik aangebied, en tenders moet voor 12:00 op 3 Mei ingedien wees.

Alle tenders is vertroulik en word eers oopgemaak ná hierdie sluitingsdatum.

  • Tenderdokumente is beskikbaar by w@vanrensburgsauctions.co.za of 083 377 7390. Navrae kan gerig word aan Daniel van Schalkwyk by 083 255 4245 of Wiidke Burger 083 377 7390 en volle besonderhede is beskikbaar by vanrensburgsauctions.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article