Leerders agter, van links, Johan Harris, Janu Vosloo, Armin du Preez, JG Cooimans, Anthony Horne, Kamva Charlie, Tiaan de Klerk, Antonie Olivier. Leerders voor, van links, Eliska Nel, Francois van Niekerk, Dané du Toit. Volwassenes: Michelle Janse van Rensburg (onderwyser Nico Malan), Hannes Cilliers (ondervoorsitter MPO Oos-Kaap), Ronald Rapholo (MPO opleidingsinstituut), Anri Wolmarans (MPO Oos-Kaap Streeksbestuurder) en Hanko Smit (onderwyser Nico Malan). Foto: Verskaf


Die eerste 14 studente in die land wat die suiwelkursus vir skole, aangebied deur die Melk Produsente Organisasie (MPO), doen, is slaggereed en gretig om alles oor melkboerdery te leer.

Die groep is almal leerders van die Hoërskool Nico Malan tussen graad 9 en graad 11.

Die kursus bied die geleentheid aan leerders wat in ’n toekoms in melkboerery belang stel om al op skool ’n kwalifikasie te bekom wat hulle ’n voorsprong gee.

Die kursus bestaan uit ses modules asook praktiese werk wat op plaaslike melkplase gedoen word.

Vir enige verdere inligting oor die kursus kontak vir Anri Wolmarans (streeksbe- stuurder van die MPO Oos-Kaap) op 064 934 3951.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article