Dr Chris de Beer gaan op 29 Februarie ’n gratis voorlegging by die AGS Deo Doxa kerksaal aanbied.

Foto: Verskaf

Doktor Chris de Beer, geregistreerde gesondheidspraktisyn, besoek Jeffreysbaai op 29 Februarie en 1 Maart.

Dr Chris is bekend as ’n pionier in Suid-Afrika met Genotype as handelsmerk en ’n benadering tot nutrisie. Sy doktorale tesis is gebaseer op die impak wat gekombineerde en diverse genetiese faktore se invloed op die psigologiese en fisiese welstand van die mens het.

Tallose suksesverhale en prestasies met verhoging in lewenskwaliteit het van hom ’n gesogde nutrisie adviseur en gesondheidversorger met pasiënte selfs buite die landsgrense gemaak.

Sy metodes

Dr Chris se pionierswerk gaan oor die interaksie van individuele genetiese eienskappe, hematologiese aanduiders en nutrisie. In sy metodologie word die volgende eienskappe gekombineerd besoek: Bloedgroep; Genetiese liggaamsvorm; Spier samestelling; Voedselsensitiwiteit en voorkeure (antigene); Lewer.

Hy analiseer die bloed waar mikroskopiese lewende organismes aandui watter areas in die liggaam die nodige aandag benodig. Ongebalanseerde nutrisie kan die gesondheid en energievlakke aantas, en het dikwels ook ’n impak op fisiese manifestasies soos onverstaanbare gewigstoename, diabetes, MS, Lupus, artritis, selfs gehoorprobleme en verskeie ander kwale.

Sy filosofie

Dr Chris se visie is om mense te bemagtig om, vir sover as wat dit menslik moontlik is, ’n lang en gesonde lewe te hê, om optimaal te funksioneer vir so lank as moontlik, en onnodige beserings as gevolg van verkeerde benadering uit te skakel.

As ’n oud-Springbok en Olimpiese vlak atleet met ’n ryk sport-geskiedenis en -prestasies is hy ’n vurige voorstander van natuurlike geneesmiddels en strewe daarna om mense te help om hul maksimum fisiese potensiaal te bereik.

“Met die kennis waaroor ons nou beskik is daar geen one-size-fits-all pakket nie. Geen twee mense (ook atlete) is dieselfde nie en daarom verskil die liggaam se behoefte aan nutrisie.”

Gratis voorlegging

Kom luister op Donderdag, 29 Februarie, by AGS Deo Doxa kerksaal om 19:00 na Dr. Chris se voorlegging en persoonlike getuienis. Hy is ook beskikbaar op 1 Maart by die kerksaal vir persoonlike betaalde konsultasies vanaf 08:00. Stuur ’n e-pos aan elkana.jbay@gmail.com met naam en besonderhede vir bywoning van die gratis voorlegging en/of ’n betaalde konsultasie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article