Die organisasie op Jeffreysbaai wat hom daarvoor beywer om die dorp te verfraai, Dorp van Drome, hou op 15 Augustus hulle algemene jaarvergadering by De Viswijf Restaurant in Jeffreysbaai.
Dit word die oggend om 09:00 gehou. Alle ondersteuners van die organisasie en mense met ’n droom om die dorp te verbeter is welkom om dit by te woon. Die voorsitter sal die jaarverslag lewer. ’n Nuwe bestuur wat uit drie fasiliteerders bestaan, moet verkies word.
’n Foto-plakboek met foto’s van die stigting in 2012 tot nou sal gesirkuleer word.
Vir meer inligting skakel Loulita Vosloo by 072 828 6230.





