MENSE wat handwerk doen het ’n kans om op 25 en 26 Oktober hulle artikels en voorraad by die Metodiste Kerk in Da Gamaweg se mark te verkoop. Dit beloof ’n geleentheid te wees om vroeg handgemaakte kersgeskenke te koop teen bekostigbare pryse.
Kunsmakers sal demonstreer hoe hulle artikels maak bv. krale armband en oorbelle. Daar gaan oor die twee dae twee vroue van die Koekversieringsgilde wees met demonstrasies. Die SACDG Dolphin Coast gaan kolwyntjies vir kinders demonstreer om hulle besig te hou oor die twee dae. Hulle sal op Vrydag leer om handblommetjies te maak en die ander dag eenvoudige rosies en strikkies.
Vrydag 25ste van 12 tot 1nm word ’n verfdemonstrasie gedoen met Tjhoko Plaster Stencil of Paris en akriel-verf. Nog demonstrasies wat gratis aangebied word sluit hennakuns, herwinbare bottels, Bybel-en gebedsjoernale en borde, kunswerke, naaldwerk, mosaïek, kaartjies maak en scrapbooking in.
Toegang is R30 per persoon – geldig vir albei dae, en kaartjiehouers kom dan in aanmerking vir ’n gelukkige trekking. Stalletjies-ruimte kan teen R380 verhuur word vir die twee dae.
Skakel Corine van Dyk by 082 922 2260 vir besprekings en navrae.


