Die NG Gemeente Loerie hou op 6 April weer basaar. Dit is altyd lekker om vir ’n oggend in die pragtige plattelandse natuur hier te ontspan.
Heerlike eetgoed – kerrievetkoeke, boereworsrolle, hamburgers, aartappelskyfies, basaarpoeding, pannekoek, tuisgemaakte konfyt, tuisgebak en plaasprodukte sal beskikbaar wees. Die koffiewinkel in die Nartjiefeesstoor is net die plek om rustig te ontspan en saam met ou vriende te gesels. As jy deel van die paint ball wil wees, is dit beter om ou klere aan te trek!
Kom kuier die oggend vanaf 09:00 tot 13:00 die middag en geniet Loerie se gasvryheid en vriendelikheid.
Navrae kan gerig word aan 079 063 4488.





