Foto ter illustrasie.

Foto: iStock

Die NG gemeente Jeffreysbaai beloof om vanjaar weer ’n kersmark van hoogstaande gehalte aan te bied van 6 tot 9 Desember by die kerksaal in Da Gamaweg.

Benewens al die lekkernye te koop, kan jy sommer die kersinkopies daar afhandel in die aangename kuier-atmosfeer. Daar kan gesmul word aan van pannekoek en jaffels, tot brekkies.

Die stalletjiehouers by die mark is mense uit die gemeenskap wat die geleentheid aangryp om hulle eie inkomste aan te vul. Weet dat jy met jou inkopies help om iemand in nood te kan versorg. Die marktye is Woensdag en Donderdag van 08:30 – 17:00. Vrydag van 08:30 – 18:00 en Saterdag van 08:30 tot 13:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article