Inwoners van Kingsway Resort het Saterdag, 26 Oktober aan die Algoa FM Big Walk For Cancer deelgeneem en 5km gestap waarna hulle ’n ontbyt geniet het wat deur die Thornhill Hotel voorberei was. Hulle het in 2021 vir die eerste keer aangepak met net 4 dames en hierdie jaar was daar 30 inskrywings. Die stappers het groot dankbaarheid uitgespreek teenoor Jolene Kingman, die organiseerder en haar span vir ’n suksesvolle oggend en sien uit na volgende jaar se stap. Foto: VERSKAF


Dames steun kankerbewusmaking

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article