DIE familie betreur die heengaan van Jan Hugo op 21 Februarie vanjaar.
Jan is op 22 Januarie 1925 in die Paarl-distrik gebore.
Hy het ook in die Paarl gematrikuleer, waarna hy hom bekwaam het as stads-tesourier deur privaatstudie.
Hy het as stadstesourier by onder meer die Riversdal, Mosselbaai, Nelspruit en Bedfordview munisipaliteite gewerk.
Hy is daarna as stadsklerk aangestel van Jeffreysbaai, en gedurende sy dienstyd het hy hom beywer vir die verfraaiing van die dorp en baie van die huidige straatbome is deur sy toedoen aangeplant.
Hy het na 42 jaar diens by die munisipaliteit afgetree.
Jan sal ook ont-hou word as ’n entoesiastiese gholfspeler wat die Jeffreysbaai gholfklub vir drie jaar as president gedien het.
Hy was getroud met Maud Pretorius, wat in 2011 oorlede is, en hulle het twee kinders, Joan en Francois.
Hy het weer getrou met Barbara Venter op 16 Desember 2013.




