Topatlete (agter) Cearon Felix (o.13), Valentino Verwey (0.19), Aidan Rouch (o.19), Trinika Brink (o.17), Bryan Kattoo (o.15), (voor) Hunter Justus (o.11), Nina Strydom (o.11) en Anzelle Botes (o.12) neem later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekbyeenkoms deel. Hulle word deur Jannie van Niekerk (agter links) van Sport Excellence afgerig. Foto:MONIQUE BASSON


GOED . . . beter . . . beste – hulle is blitsvinnig en ván hulle kan “vlieg”.

Agt top Kouga-atlete het tydens die onlangse provinsiale skole-atletiekbyeenkoms in Cradock verskeie medaljes verowers en rekords in die stof laat bly. Hulle neem later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Skole-atle-tiekbyeenkoms deel.

In die verspring vir meisies o.17 het Trinika Brink, ’n graad 11-leerder by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp, deur die lug geseil om die nuwe OP-rekordhouer te word. Sy het verder ’n medalje in die 100m-hekkies verower.

Graad 12 Nico Malan-leerder, Valentino Verwey (0.19), se vertonings in die 1 500m en 800-naellope laat hom onder die voorste atlete in die nommers in sy ouderdomsgroep in die land tel. In die 200m-hekkies vir o.13-seuns het Cearon Felix van die Laerskool Stulting in Humansdorp koning gekraai – en die OP-rekord verbeter.

Graad 8 Nico Malan-leerder, Bryan Kattoo, was die kampioen in die 100m-hekkies. Hy is die nuwe OP-rekordhouer vir die item.

Aidann Roach, ’n graad 12-leerder by die Global Leadership Academy (GLA) in Jeffreysbaai het sy staal in verspring vir o.19-seuns gewys, terwyl Graad 4 die Laerskool Jeffreysbaai-leerder, Hunter Justus, in die 80m en 100m vir o.11-seuns geseëvier het.

Spoedvraat Nina Strydom, ’n graad 5-leerder by Jeffreysbaai, het ’n puik vertoning in die 80m vir o.11-meisies gelewer.

Graad 6 Jeffreysbaai-leerder, Anzelle Botes, was die kampioen in die 150m vir o.12-meisies.

Dié atlete, wat almal hul persoonlike beste tye en afstande tydens die byeenkoms opge-stel het, word deur die voormalige provinsiale atletiekkampioen en -afrigter, Jannie van Nie-kerk van Sport Excellence, touwys gemaak.

Van Niekerk rig atlete vir die afgelope vyf jaar in Kouga af.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article