Die Jbay Technical College het ’n baie suksesvolle ‘Alles-wat-dryf’ gehad. Die vlotte was gemaak uit herwinbare materiaal en die vernuf van sommige van die groentjies was verbasend oulik. Die doel was om die nuwe aspirant-ingenieurs in ’n mariene-omgewing te laat planne maak hoe om die vlotte te bou en te laat dryf. Die geesdrif en entoesiasme was goed en aansteeklik, van die ouers het ook kom hand bysit. Jbay Technical College wil graag Specsavers, Pitou, Spur, Ninas, The Perfect Wave motorwassery in Equinox mall en The Bakery Kenton-on-Sea bedank vir hul bydrae. Baie dankie ook aan al die borge wat die studente se vlotte geborg het. ’n Spesiale dank gaan aan Wacky Water Park se Tyron van Tonder, wat hierdie instelling elke jaar akkommodeer. Die wenner was Tertius Nel en tweede plek was Rhyse Oakes en Dylan Gush. Foto’s: VERSKAF


‘Alles-wat-dryf’ wenners

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article