Van links is David Du Raan, Paul Eloff, Fred Vermaak en Tertius Lombaard. Foto: VERSKAF


Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 23 Februarie ’n buurtwag in Jeffreysbaai gestig.

David du Raan sal die buurtwag lei met Fred Vermaak, Tertius Lombaard, en Paul Eloff wat op die bestuur van die buurtwag sal dien.

Volgens Du Raan kan die beveiliging van ’n gemeenskap nie in silos bedryf word nie en AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van ander AfriForum-veiligheidstrukture.

Du Raan nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by AfriForum se veiligheidstrukture en bedank ook bestaande lede vir hul onbaatsugtige betrokkenheid en bydrae.

“AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saam werk aan ’n gemeenskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeenskap van Jeffreysbaai en omliggende areas om dit te beveilig.

“Goeie opleiding is krities om buurtwaglede toe te rus met die nodige kennis om met selfvertroue te kan optree asook om goeie besluitneming aan die dag te lê. Ons sal dus spoedig met opleiding afskop,” sê David Oli-vier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Vir meer inligting of om by hierdie buurtwag betrokke te raak, SMS “Jeffreysbaai” na 45350 (R1).

– UITGEREIK DEUR AFRIFORUM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article