DIE duiwewedvlug seisoen skop op Saterdag, 9 Junie met ’n 282km wedvlug vanaf Queenstown af.

Op Saterdag pak die duiwe die 645km-wedvlug vanaf Fouriesburg aan – vir die laaste keer. Die langste wedvlug van die seisoen is vanaf Standerton (859km).

Met die nuwe seisoen kom ook verandering. Die drie duiweklubs in Kouga – Kouga, Jeffreysbbaai en Humansdorp – het hul eie federasie gestig om samewerking tussen die verskillende klubs te bevorder.

Daar heers ’n groeiende belangstelling van nuwe- en ou-duiweboere om by die federasie, wat reeds met senior lede spog, aan te sluit.

Vir meer inligting, kontak voorsitter Renier Lee by 081 600 8647, of ondervoorsitter Albert Mogee by 082 657 2907.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article