DIE Kruisfontein United Congregational Church hou op Saterdag, 22 September ’n 5km pretdraf ten bate van die kerk.
Die pretdraf begin om 07:30 vanaf Ge-duld’s Kafee in Moe-rasrivier en eindig by die Kruisfontein United Congregational Church.
’n Bus sal deelnemers om 06:30 vanaf die kerk na die beginpunt vervoer.
Daar sal verskeie waterpunte op die roete wees.
Registrasie vind vanaf 14:00 op Vrydag, 21 September by die Graslaagte Congregational Church (rooidakkie) plaas.
Inskrywing is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 13.
Vir meer inligting, skakel Lloyd Rossouw by 084 521 0031.




