LANK lewe die bot aan die (vrugte)boom . . .

Kikker jou naweek op met bloei-sels, appels, heerlike eetgoed, topvermaak en hope pret tydens die jaarlikse Langkloof-bloeiselfees wat vanaf 25 Oktober tot 28 Oktober in Joubertina plaasvind – die ideale wegbreek vir die hele gesin.

Die fees skop vanjaar met ’n borgefunksie op Donderdag, 25 Oktober by die feestent af.

Soos dit hoort, begin die Vrydag-oggend met ’n groot boeredag wat ’n seminaar met sprekers soos Brand Pretorius, Sean Walsh, Chris Barnard, Lynette Beer, Chris Coetzee en Liesel Krause, asook ’n interessante tentoonstelling, insluit.

Feesgangers kan verder uitsien na ’n skole- en polisiehondeverto-ning.

Daar is ook deurgangs kindervermaak.

Elvis Blue sluit die aand op ’n hoë noot af.

Die Saterdag is die groot dag met onder meer die heel eerste 5km Bloeiselfees Colour Walk, die motorfietspretren Roof of the Langkloof, ’n hondeskou, reptielvertoning, boeresport en Stoepstories deur Gertjie Odendaal.

Daar is musiekvermaak uit die boonste rakke met Lianie May.

En ja, daar is ’n groot skerm vir die rugby-uitsending . . .

Die fees sluit die Sondag om 09:30 met ’n lofdiens deur Koos van der Merwe af. Vir die jongspan is daar kinderkerk deur Popsi.

Vir meer inligting, skakel Michelle Terblanche by 083 788 3648 of besoek www.langklooffees.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article