WATERBEPERKINGS word steeds toegepas in alle Kouga-dorpe.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks het gesê dat die gesamentlike vlak van die damme wat Kouga en Nelson Mandelabaai van water voorsien net meer as 54% was.

“Dit beteken dat ons nog nie vry van ge-vaar is nie.

“Ons area neig tot droogtes, dus wil ons almal graag aanmoedig om waterbespa-ring ‘n permanente deel van hul alledaagse lewens te maak,” was sy pleidooi by ‘n biddag by die Kouga-dam.

Volgens die burgemeester, kan beurtwater ook nog nie opgehef word op Hankey and Patensie nie, omdat die Departement van Water en Sanitasie geweier het dat die munisipaliteit meer water uit die dam mag trek.

“Die munisipaliteit sal aanhou druk op die Departement toepas om die kwota vir die dorpe te verhoog. Die damvlak het binne ‘n paar weke van minder as 7% na meer as 52% gestyg en Dag Zero vir ten minste nog ‘n jaar uitgestel.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article