DIE leeftyd van ‘n teerpad is slegs 20 tot 25 jaar, dan moet dit herbou word.

Dit is ook nodig om paaie elke sewe jaar te herseël, sodat dit die volle leeftyd kan hou.

“Die meeste teerpaaie in ons gebied is meer as 25 jaar oud en is nooit herseël nie,” het Kouga Speaker Hattingh Bornman gesê nadat hy en burgemeester Horatio Hendricks saam met van die padspanne uitgegaan het.

“Dit beteken dat die hele padstelsel eintlik oorgebou moet word. Die herstel van slaggate is dus bloot soos om ‘n pleister op ‘n veel groter probleem te sit.”

Volgens die Speaker, is eksterne befonds-ing nodig om die probleem ordentelik te kan aanspreek.

Dit kos ongeveer R4,5-miljoen om een kilometer pad te bou. Die munisipaliteit het eenvoudig nie genoeg geld om alle paaie te vervang nie.

“Ons is dus besig om te ondersoek hoe ons eksterne befondsing sou kon kry sodat die padprobleem opgelos kan word.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article