VETERAAN-fietsryer, Pieter Cloete van Jeffreysbaai, beoog om ’n klub vir plaaslike fietsry-entoesiaste te stig.
Cloete word deur plaaslike fietsryers Ted Groenewald en Arthur Joubert bygestaan.
Die driemanstuk het al aan verskeie uitdagende wedrenne deelgeneem, insluitende die 230km Trans-Baviaans bergfiets-marathon (hulle is die oudste deelnemers) en die Jeffreys Bay Wind Farm Mountain Bike Challenge.
Die eerste vergadering vind op Dinsdag, 7 Mei om 18:00 vir 18:30 by die Jeffreysbaai Rolbalklub plaas.
Vir meer inligting, skakel Cloete by 082 453 3401.




