DIE Cantando@Algoa koor lewer op Woensdag, 8 Mei om 18:30 ’n uitvoering in die NG Kerk, Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Die volwasse koor van Port Elizabeth, gelei deur koorleier Bouwer van Rooyen, bestaan uit lede van Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Despatch, Uitenhage, Fort Beaufort en Kenton on Sea.
Dié koor was die ankerkoor tydens die 18de Passiespele Produksie in Lady Grey.
Toegang is gratis.
’n Vrywillige kollekte sal by die deure opge-neem word ter stuiwing van die koor se toerfondse. Hulle neem in Junie 2020 aan die internasionale koorfees in Italië deel.
Vir meer inligting, skakel Bouwer van Rooyen by 082 200 9415.


