Die komende naweek is dit ‘sulke’ tyd vir ‘n klompie sigbare Jeffreysbaaiers wat onlangs gevang, in hegtenis geneem en aangekla is – en nou inderhaas hul vriende, kollegas, familie en kennisse moet nadertrek vir borgtog. Op Saterdag, 4 Mei is die hof vanaf 10:00 by Die Werf, Fountains Mall in sitting om die gevangenes se saak aan te hoor en vonnis uit te spreek. Die hele groep sal geboei in hul oranje uniforms voor die magistraat verskyn. Daar is verbasend bekende name onder die tienstuks: fotograaf Rieghard Janse van Rensburg, Pharos-skoolhoof Fanie Vermaak, C-AS pastoor Marinda Visser-Hough, Kouga Funerals se Dean Gilbert en Jarinda van der Westhuizen van die NG Kerk. Sien bladsy 3 vir meer inligting. Foto:MONIQUE BASSON
Smyt die ‘boewe’ in die tronk
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.