ERVARING, kennis en vernuwing: op dié pilare het Kleuterzone die maand hul deure wydoop vir Kouga-kleuters gegooi.
Ná ’n suksesvolle opedag verlede maand, het Kleuterzone, ’n nuwe kleuterskool in die gebied amptelik op 3 Junie in Jeffreysbaai geopen.
Keuterzone streekshoof Reinette Cunningham van Gauteng, Kleuterzone nasionale hoof Launette van Niekerk en Kleuterzone-eienaar Anthonie Bougas het tydens die opedag die gehoor toegespreek.
Lollos het spesiaal vir die maatjies opgetree.
Bougas sê: “Die skool bestaan uit drie pilare: ervaring, kennis en vernuwing.
“Kringtelevisie-kameras en ’n maksimum van twaalf kleuters per klas, verseker die veiligheid van leerders, asook individuele aandag.
“Ons bied ’n veilige omgewing waar elkeeen sy potensiaal ten volle kan uitleef.”
Vir meer inligting, skakel Bezui-denhout by 082 770 8323.





