Van die bedrywige herders wat ’n magdom boodskappe op sosiale media uitsaai, tot die meer persoonlike deurry-nagmaalbediening en motor-inry kerkdiens – die gemeentes in die Kouga-streek woel om die evangelie te versprei en hul lede betrokke te hou. Foto:VERSKAF


DIE inperking en gevolglike stemmende regulasies weens die Covid-19 pandemie noop kerke om kreatief te dink om hul gemeentelede effektief te bedien en te bereik.

Van die bedrywige herders wat ’n magdom boodskappe op sosiale media uitsaai, tot die meer persoonlike deurry-nagmaalbediening en motor-inry kerkdiens – die gemeentes in die Kouga-streek woel om die evangelie te versprei en hul lede betrokke te hou.

Die Kouga Express gesels met die nimlike pa-stoor Chris Gerber van Father’s House Church op Jeffreysbaai oor hulle knap plan om die dorp se mense op ’n vars manier te bedien.

“Die Covid-19 reëls rakende sosiale afstand, sanitasie en beperking tot 50 mense maak dit moeilik vir die gemeente om bymekaar te kom,” sê hy. “Daarom het ons besluit om ’n nagmaal-deurry te doen. Dit gebeur vir ’n uur lank (11:00 tot 12:00) in die parkeerarea van die Global Lea-dership Academy waar die kerk gewoonlik byeenkom vir Sondag-dienste.

“Dit is so belangrik om kontak met mense te hê, hulle te bemoedig en versterk – en om mekaar van aangesig tot aangesig te sien.”

Hy vertel hóé hulle dit aanpak. Iemand ontvang mense in hul motors by die hek, verduidelik wat die prosedure is, en hulle ry by die parkeerarea in. By die eerste stop kry elkeen ’n gratis cappuchino.

Gerber sê: “Hulle ry aan en ’n paar meter verder wag die herders of bedienaars die mense in met nagmaal. Dit is ’n higiëniese, voorafverpakte “miracle meal” wat die broodskyfie en sappie insluit. Die leraar kry geleentheid om vir die onvanger te bid en aan te moedig.

“Aan die ander kant van die parkeergebied kan diegene stop wat as gesin persoonlike tyd nodig het of doelgerigte gebed of bediening aanvra. Hulle kan hul eie nagmaal geniet in hulle voertuig, en vensterafdraai om na die aanbiddingspan met twee of drie lede te luister wat elders sing en musiekmaak.”

Die terugvoer van die mense is besielend. Hulle is so bly om ander te sien en nie net op ’n skerm na iemand te kyk nie.

Zelmine van Zyl sê op sosiale media: “Dit was so lekker om almal te sien”, terwyl Ilse Niemann noem hoe spesiaal dit vir haar was.

Gerber sê dit is heerlik vir die mense om bemoediging en gebed op persoonlike vlak te ontvang, en die evangelie van Jesus se sterfte en opstanding te herdenk. Asook om een van die sakramente as gelowiges te gebruik.

“Enigiemand is welkom – nie net lede nie,” sê die opgewonde leraar. Skakel Chris Gerber by 084 511 5117 vir verdere inligting.

Die ander blink idee is van pastppr Cjay Jansen van Wave Point Church wat Sondag ’n inry-diens by die hoofstand se parkeerarae hou.

“Ons het toestemming by Kouga-munisipaliteit verkry, en sal die voorgeskrewe sosiale afstand handhaaf,” sê Cjay.

Die gedagte is dat mense in hul motors sal bly, maskers dra en ver genoeg van mekaar sal parkeer.

“Ons sal die nodige maatreëls in plek hê – ook vir voetgangers wat wil naderstaan of saam kerkhou. Daar sal stoele wees met die nodige afstand van mekaar,” verduidelik die leraar.

Daar sal lofprysing, ’n boodskap en bemoedig-ing wees. “Ons gaan geleentheid hê om vir me-kaar te bid. Dis nodig in dié tyd om mense aan te moedig. Baie is moedeloos en verloor hoop.”

Skakel hom by 079 051 0159 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article