AGRI SA het in ’n mediaverklaring die goedkeuring van die minister van minerale hulpbronne en energie vir die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) om voort te gaan met lisensie-aansoeke vir selfopwekkingsfasiliteite van meer as 1MW en die verwerking daarvan, verwelkom.

Dié goedkeuring beteken dat dit nie meer vir voornemende aansoekers nodig is om ministeriële goedkeuring te kry vir die afwyking van die IRP 2019 alvorens hulle aansoek by NERSA doen om ’n lisensie te bekom nie.

Agri SA sê dit is gunstig vir die landbousektor en boere kan nou hernubare energiebronne groter as 1MW installeer. Die goedkeuring maak ook voorsiening vir die oordrag van elektrisiteit en addisioneel tot regulatoriese en administratiewe blokkasies wat uit die weg geruim is, is daar ’n geleentheid vir boere om in die vryemark oorskot elektrisiteit te verkoop.

Gegewe die elektrisiteitsbeperkings wat die land ervaar, is Agri SA van mening dat dit ’n positiewe stap is om die druk van Eskom te verlig, aangesien onafhanklike verskaffers nou die mark kan betree.

  • Stabiele kragtoevoer is noodsaaklik vir ontwikkeling en speel ’n kritieke rol in ekonomiese groei, wat ons land broodnodig het om maatskaplike probleme te help verlig. Landbou is ’n belangrike sektor om hierdie doel te bereik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article