DIE USN JBay Beach Touchies-toernooi wat op 26 Desember in Jeffreysbaai gehou is, was ’n reuse sukses met 44 spanne wat vanoor die hele Suid-Afrika gekom het om deel te neem.
Die toernooi is gehou onder leiding van Christo “1Touch” Botha,wat touchies vir die afgelope 30 jaar al speel. Botha is ’n Jeffreysbaai-touchies legende wat vanaf 2001 tot 2009 aan die Rapport JBay Touchies deelgeneem het vir die onoorwonne Bulldogs touch-rugby-span.
Die toernooi het twee afdelings gehad, naamlik die Christian Ellis Pro-Liga en die Sosiale Liga. “Die pro-liga is vernoem na ons geliefde skeidsregter, Christian Ellis, wat in 2020 oorlede is aan COVID-19, so ons het op hierdie wyse aan hom hulde gebring,” het Botha gesê.
Die Christian Ellis Pro-Liga is deur Amazing Galaxy Warriors 1 van Kaapstad gewen met Coastal Touchies Stormers van Jeffreysbaai in die tweede plek.
Die Sosial Liga wenners was Amazing Galaxy Warriors 2 van Kaapstad met Wacky Waterpark van Jeffreybaai in die twee plek.
Die “Verloorders-liga” is deur The Maniacs van Gqeberha gewen met Little Warriors van Gqeberha in die twee plek.
Volgens Botha is geskiedenis ook gemaak met de eerste volle vroue-span, die Metrofibre Try Babies van Gqeberha, wat deelgeneem het.
Die Christian Ellis Pro-Liga is deur Amazing Galaxy Warriors 1 van Kaapstad gewen met Coastal Touchies Stormers van Jeffreysbaai in die tweede plek.
Die Sosial Liga wenners was Amazing Galaxy Warriors 2 van Kaapstad met Wacky Waterpark van Jeffreybaai in die twee plek.
Die “Verloorders-liga” is deur The Maniacs van Port Elizabeth gewen met Little Warriors van Port Elizabeth in die twee plek.
Volgens Botha is geskiedenis ook gemaak met de eerste volle vroue-span, die Metrofibre Try Babies van Port Elizabeth, wat deelgeneem het.
Dit is die derde USN JBay Touchies wat gehou is.
Verlede jaar se toernooi is afgestel weens COVID-19.





