DIE Hoërskool Nico Malan het onlangs teen die Hoërskool Victoria Park kragte gemeet, en het 3 uit die 4 krieketwedstryde gewen.
Eerstes:
Victoria Park kolf eerste en word uitgeboul vir 121 lopies. Nico Malan teken die wenlopies aan met slegs een paaltjie plat en wen die wedstryd met 9 paaltjies.
Goeie kolfwerk deur Jonathan Bester (55 nie uit nie) en DF Theron (46 lopies). JD van Zyl boul baie goed en neem 4 paaltjies.
Tweedes:
Nico Malan kolf eerste en teken 164 lopies aan in hul toegelate 35 beurte. Victoria Park word uitgeboul vir 146 lopies. Nico Malan wen die wedstryd met 18 lopies.
Le Roux Nel teken 47 lopies aan nie-uit-nie. Mias Bierman teken 38 lopies aan.
Goeie boulwerk deur Mias Bierman wat 4 paaltjies neem en Juan Opperman wat 3 paaltjies neem.
o.15:
Nico Malan kolf eerste en word uitgeboul vir 53 lopies. Victoria Park teken die wenlopies aan met 3 paaltjies plat. Victoria Park wen met 7 paaltjies.
o.14:
Nico Malan kolf eerste en teken 195/7 aan in hul toegelate 35 beurte. Victoria Park te-ken 159/7 aan in 35 beurte. Nico Malan wen met 36 lopies. Goeie kolfwerk deur Estiaan van Staden (46 lopies), Ivan van Staden (48 lopies) en Ruan Nel (41 lopies).
Ruan Nel en Juan Eygelaar neem elk 3 paaltjies.
– BERIG VERSKAF DEUR DIE NICO MALAN HOËRSKOOL





