Kareedouw spog met die Kwêla Dorp van die Jaar 2020 titel en dié naweek gaan hulle weer vir mense wys hoe het hulle dit reggekry . . .
Die KIA Makietie wat op 25 en 26 Maart gehou word, beloof om ’n belewenis vir die hele familie te wees, beslis een wat jy nie moet misloop nie. Dit is reeds ’n paar keer uitgestel weens COVID regulasies, maar nou is daar net een slapie oor voor dit makietie-tyd is.
Die sportmal mense, Afrikaans musiekfundies, verfbalspelers en selfs diegene wat net lus het vir ’n lekker feestyd, het iets om na uit te sien.
Twee dae, agt kunstenaars, meer as 35 stalletjies, kindervermaak, ’n damesoggend, talle sportgeleenthede, ’n voertuig-uitstalling en vele meer wag op Kareedouw van more af.
Maak ’n draai by die KIA Makietie, aangebied deur Kwêla, wat op 25 en 26 Maart by die Hoërskool Paul Sauer sportgronde in Bakenstraat, Kareedouw, sal plaasvind.
Kaartjies is vooraf en by die hekke beskikbaar.
Toegang is gratis vir voorskoolse kinders. Hekgelde vir skoolgaande kinders is R50 vir die Vrydag en R80 vir die Saterdag, en vir volwassenes en pensioenarisse is dit R80 vir die Vrydag en R150 vir die Saterdag.
Die Naweektarief vir die skoolkinders is R100 en vir die ouer gardes is dit R200.
- Vir enige navrae, kontak fees-organiseerder Wilna Moolman by 082 702 7846.
Vrydag, 25 Maart
Is jy ’n gholfer?
Die naweek begin met ’n gholfdag by die Fynbos Golf and Country Estate, met afslaan vanaf 06:30. Die koste is R300 per speler. Inskrywings sluit in toegangsgeld tot die KIA Makietie vir Vrydag.
Die formaat is “Scramble Drive”.
’n Prysuitdeling sal in die biertent om 18:00 gehou word.
Vir besprekings en navrae, kontak Jessica by 072 751 6162 of 042 285 0321
Wat van ’n bietjie musiek?
Alle vertonings vind plaas in die biertent.
Demi Lee Moore om 19:00
Andries Vermeulen om 20:00
Sunset Sweatshop om 21:15
Saterdag, 26 Maart
Dames, gee gou aandag . . .
Kwêla aanbieder Hannes van Wyk gaan die dag met ’n damesoggend om 10:00 in die Hoërskool Paul Sauer skoolsaal begin.
Mans is ook welkom. Die koste beloop R100 per persoon.
Kontak Wilna by 082 702 7846.
Rugby 10’s en Netbal
Dit vind plaas vanaf 08:00 tot 17:00.
Kontak Muller by 076 532 1476.
Fun runners, is julle gereed?
Kontak Liz by 072 226 2618
Iets vir die kleuters
Lollos gaan spesiaal vir die kleinspan op die verhoog wees vanaf 12:00 tot 13:00
Nog ’n treffer of tien op die verhoog
Alle vertonings vind plaas in die biertent.
Wynand en Chereé om 16:00
Andriëtte Norman om 18:00
Willem Botha om 19:00
Tarryn Lamb om 20:00
Refentse om 21:00
’n Wenk vir jou: Hekgelde sluit alle kunstenaars se vertonings in.
Dodgeball
Mans en vroue, jonk en oud, almal is welkom.
En moenie van al die stalletjies vergeet nie!



