Dié naweek word daar ’n Plaasbasaar by Hoërskool Nico Malan se Lushof-seunskoshuis op Humansdorp gehou.

Foto: Verskaf

’n Plaasbasaar soos min word die naweek by Hoërskool Nico Malan se Lushof-seunskoshuis op Humansdorp gehou.

Vrydag vanaf 11:00 kry pensioenarisse voorkeur om eerste ’n draai by die basaar te maak. Vanaf 12:30 is die hekke oop vir almal om die mark- en landboustalletjies op die seunskoshuisterrein te besoek.

Daar sal van plaasmarkkaasborde, wyn, gebak en potjiekos tot ’n aanlynveiling, kroeg, en musiek deur plaaslike kunstenaars wees.

Saterdag begin die aktiwiteite om 08:00 met uitstallings, ’n wynproe en rugby-, netbal-, krieket- en hokkiewedstryde met oudskoliere wat teen die skool se eerste spanne gaan kragte meet. Die hoofwedstryd is om 17:00 wanneer die ou-skoliere teen Nico Malans se eerste vyftiental uitdraf. Toegang tot die Plaasbasaar is R20 per volwassene en R10 vir skoliere.

Sondag word die Plaasbasaar afgesluit met ’n ere- diens by die koshuis.

Potjiekosetes kan vooraf bestel word en daar is ’n keuse tussen beesstert-, skaapskenkel-, hoender-, biltong- of lewerpotjie teen R100 per ete. ’n Groenteboks met ’n verskeidenheid van minstens 17 groentesoorte kan teen R200 vooraf bestel word.

  • Vir bestellings of meer inligting bel Moira Jordaan by 041 295 1130.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article