Tuinier Mohammed Swaleyi sorg dat alles onder beheer is by die gemeenskapstuin van die Green Garden.

Foto: Veronica Fourie

Tuinier Mohammed Swaleyi sorg dat alles onder beheer is by die gemeenskapstuin van die Green Garden.

Die staalomheining met die silhouette van seediere in Tecomastraat, het Jeffreysbaaiers lank aan die raai gehad. Die wag om te sien wat daar gebeur, was beslis die moeite werd.

The Green Garden is ’n koffiekuierplek met ’n verskil. Hier kan jy nie net lekker drinkgoed en ligte-eetgoed geniet nie, maar ook met ’n bossie spinasie of ’n koolkop huistoe gaan.

“Die perseel het kommersiële en residensiële regte en daar is ’n boorgat. Ek en my vrou het besluit om ’n gemeenskapstuin tot stand te bring, en almal in die buurt is genooi om iets te kom plant. Party het groente geplant en ander het tuin gemaak,” sê Fonnie Talwitzer, eienaar van Green Garden.

Talwitzer is onder meer ’n boer en ontwikkelaar met sapfabrieke op verskeie plekke in die land. Hy kén die vrugteberyf, van Tzaneen tot in die Langkloof.

By dié tuin word natuurlike maniere van insekbestryding gebruik – geen kommersiële gif nie. Mohammed Swaleyi is die tuinier wat alles in orde hou.

“Ons wil graag sien dat mense hier die rustigheid, sommer hier oorkant die strand, geniet. Ons doen moeite om ’n rustige atmosfeer te skep. Dit is beslis nie ’n venue vir partytjies nie,” brei Talwitzer uit.

Benewens die verversings, is daar ook ’n mini-biblioteek vir leesgenot. Hier wys Iddie Juma, die man wat die heerlike koffie maak, waar die leesstof gevind word.

En benewens die verversings, is daar ook ’n mini-biblioteek vir leesgenot. Talwitzer sê: “Mense wat hierheen kom, is welkom om ’n boek uit te neem en terug te bring. Of een te neem en ’n ander boek daar te los. Daar is ook heelwat kinderboeke, want ons wil kinders aanmoedig om te lees. Bo alles wil ons hê dat mense hier met mekaar moet gesels.”

Die barista en bestuurder, Iddie Juma, hou deurentyd die koffiemasjien aan die gang om stomende koffie te maak. Dit werk met sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie. Dié rustige kuierplek is van Dinsdae to Sondae oop van 07:00 tot 15:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article