Die NGK Loerie hou Saterdagoggend, 1 April, basaar in die bekende Nartjiefees-stoor en toegang is gratis.
Loerie se basaar is bekend vir families en vriende se gesellige saamkuier en eet en begin reeds om 09:00. Boereworsrolle, hamburgers, jaffles, slaptjips, basaarpoeding, pannekoek, gebak, tuisgemaakte konfyt, heuning, blomplantjies, sitrusboompies en groente sal te koop aangebied word.
Daar sal ook ’n witolifant-tafel wees, sowel as ’n koffiewinkel met ’n verskeidenheid koeke en terte.
Vir motor-entoestiaste is daar ’n uitstal-ling van veteraanmotors.
“Die basaar dien as ’n fondsinsamelings-projek vir die kerk en almal is welkom om saam te kom kuier en die projek te onder- steun in ons pragtige Gamtoosvallei,” sê Herlien Moolman, organiseerder van die basaar.
Vir enige navrae bel 079 063 4488.





