Hier is van die vroue wat die Helpende Hand Jeffreysbaai-tak se Gatsby damestee bygewoon het. Agter van links is Chané Veldtman, Tanya Rossouw, Lize van Zyl en Marlene Basson, en voor is Jana Potgieter en Leandri Botha.

Foto: Carrie Nissiotis

Die vrywilliger-gedrewe Solidariteit Helpende Hand Jeffreysbaai-tak het onlangs gespog met ’n Gatsby Damestee propvol glans en vermaak om sodoende fondse in te samel vir gemeenskapsprojekte.

Daar was ’n modeparade, gassprekers, en Gerrit “Gertjie” de Jager wat as seremoniemeester opgetree het.

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel, waar goeie tweedehandse items, veral klere, verkoop word is propvol verrassings en winskopies. Uit dié verkope se wins bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede, en selfs studiefondse aan belowende studente.

Marlene Basson, Solidariteit Helpende se streekorganiseerder sê, “Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap.

“Om Solidariteit se doelwitte te bereik, word strukture in elke gemeenskap geskep en is fondse en ondersteuners van uiterste belang. Sodoende kan ons die gemeenskap toegang tot dienste en projekte bied.”

Helpende Hand Jeffreysbaai-tak bedank die borge asook elkeen wat die damestee bygewoon én moeite gedoen het om volgens die tema aan te trek.

“Sonder mense met oop harte en oop hande, kan die nodige ondersteuning nie gebied word nie,” sê Basson.

Dankie ook aan Gerrit “Gertjie” de Jager, Mariette Dreyer van Hoërskool Nico Malan en Bernadette Nel-Naude van Fidelity ADT wat as gassprekers opgetree het.

Solidariteit Helpende Hand moedig die gemeenskap aan om hul Ons Winkel te ondersteun of om aan te sluit by Helpende Hand deur ’n finansiële bydrae te maak by www.sluitaan.co.za of betrokke te raak as ’n vrywilliger.

  • Vir meer inligting bel Marlene by 083 501 3166 of epos na marlene@helpendehand.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article