Melinda Venter.

Foto: Verskaf

Die Kouga spog met twee veteraan atlete wat 4 tot 6 Mei deelgeneem het aan die SA-meestersatletiek kampioenskappe by Groenpunt-stadion in Kaapstad.

Daar was ’n totaal van 23 atlete vanaf die Oos-Kaap en twee van dié is van die Kouga, die Hoërskool Nico Malan onderwyser Jannie Venter en Melinda Venter.

Melinda het eerste gekom in albei die 400m en 800m wedloop en was met ’n enkele sekonde weg van die SA-rekord vir die 800m vir vroue in die 45-50 jaar ouderdomsgroep. Sy het in albei haar items SA kwalifiserende tye gehardloop.

Jannie het eerste plek behaal in die 400m wedloop asook die 400m hekkies vir mans in die 45-50 ouderdomsgroep. Hy het die SA kwalifiserende tyd in die 400m hekkies gehardloop en het sodoende SA-kleure ontvang.

Albei die atlete gaan in November Suid-Afrika verteenwoordig by die Afrika Kampioenskappe, wat ook by Groenpunt-stadion in Kaapstad plaasvind.

Vir meer inligting aangaande meesters-atletiek, kontak gerus vir Jannie op 084 808 3054.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article