Foto ter illustrasie.

Foto: Unsplash/Maxence Pira

Dit beloof om weer ’n groot feestelikheid te wees wanneer die Oos-Kaapse Seniorburger sangfees vir die tweede keer op Jeffreysbaai aangebied word op 16 September.

Dit sal ’n oggend van vrolike massa-koorsang, samesang en verskeie individuele musiekitems wees. Die saal was verlede jaar gepak en almal het groot lof gehad vir die aanbieding wat almal se gemoed gelig het.

Die koor is saamgestel uit mense van sewentien dorpe in die Oos-Kaap.

Toegang sal gratis wees by die NG Kerk Jeffreysbaai se komplekskampus. Die tema vanjaar is “Rokkies wou sy dra”, en dit sluit talle liedjies in oor mooi meisies en vroue.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article