Die liggiefees fondsinsameling vind by Oosterland Straat 3, Jeffreysbaai, huis van CC Prints en Lighthouse Laundry plaas.

Foto: Verskaf

Die liggiefees fondsinsameling vind by Oosterland Straat 3, Jeffreysbaai, huis van CC Prints en Lighthouse Laundry plaas. Dis die tweede jaar wat die liggiefees gehou word, en verlede jaar was geld ingesamel vir The Moths & Veterans of Jeffreysbaai.

Vanjaar se fondsinsameling is ten bate van The Ladies Lighthouse wat kos en hulp voorsien van oor die 200 kinders. Kouga burgemeester Hattingh Bornman het die liggies amptelik aangeskakel op 4 Desember, en die liggiefees sal plaasvind elke aand tot 30 Desember, selfs tydens beurtkrag, vanaf 19:00 tot 22:00.

Die eienaars van die liggiehuis is Hannes en Marie Collins en Kersvader is oom Francois Labuschagne. Derek en Sunette Schultz het die liggies verskaf en opgerig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article