Ebie (88) en Ola (85) De Vos van Humansdorp het op 28 Junie hul 66ste huweliksherdenking gevier.

Foto: Verskaf

Ebie (88) en Ola (85) De Vos van Humansdorp het op 28 Junie hul 66ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar is destyds in die NG Kerk Moedergemeente op Kariega in die eg verbind deur Ds A. Louw. Nadat hulle vir ’n ruk in Kroonstad gewoon het, het die paartjie verhuis na Tweerivier, naby Joubertina.

de vos
Ola se trourok was deur haar moeder, Sally Marais-Wait ontwerp, asook die rokke van die strooimeisies Annemie Marais-Nel en Ellen de Vos-Hancke.

Hier het Ebie saam met sy ouer broer, Bertie, ’n motorhandelsaak bedryf. Die egpaar en hul drie spruite het toe op Ebie se geboortedorp, Kareedouw, gevestig. Hulle het later na Humansdorp verhuis en hul eie onderneming behartig.

Ebie en Ola het drie kinders, Dirk, Hannes en Martesia, ses kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article