Die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp het onlangs ’n Ma-en-dogter tee aangebied. Johan Laten, ’n narratiewe terapeut van die Strand, het die tieners op ’n aanskoulike manier bewus gemaak van depressie.

Met sy eenman-vertoning het hy sy storie as depressievegter gebruik om ander te inspireer.

“Volgens die jongste statistiek sterf daar gemiddeld 23 tieners per dag in Suid Afrika aan selfdood. Dan is daar nog daagliks sowat 230 pogings tot selfdood. Dis meestal die gevolg van depressie. Dis ’n siekte wat behandelbaar is. Maar jy moet praat! Jy moet aanhou praat totdat jy iemand kry wat luister en jou help,” verduidelik Laten.

Hy het verduidelik dat daar hoofsaaklik drie redes is vir depressie. Dit kan ’n chemiese wanbalans in die brein wees, dit kan oorerflik wees, of trauma kan dit meebring.

Laten, ’n oud-onderwyser, het reeds nege jaar lank ’n nie-winsgewende organisasie, rebootyourresilience, en beywer hom om tieners in te lig oor die simptome en gevolge van depressie en angs, en die behandeling daarvan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article