DIE Evangelies Gereformeerde Kerk hou weer hul jaarlikse markdag op 5 Oktober om 08:30 by die Newtonsaal op Jeffreysbaai.
Die markdag word gehou om fondse te in om ’n kerk te bou en elke jaar bring die gemeente nader aan hul doel.
Verlede jaar het ons die visvangkompetisie gehad maar hierdie jaar gaan iets anders gedoen word.
Luister FM gaan daar wees van 09:00 af en ’n lewendige uitsending doen. Mense kan kom boodskappe stuur.
Dan sal daar ’n veteraanmotor uitstalling, en stalletjies vir Build It en Ingco gereedskap wees.
Dan gaan daar heerlike braaivleis, pap en wors, biltong en heerlike ander kosse asook ’n teetuin wees.
Daar is ook naaldwerk en ander snuisterye en moenie die wit olifant tafel misloop nie.
Daar sal ook ’n springkasteel en speletjies vir die kinders wees.
Die markdag beloof om ’n genotvolle dag vir oud en jonk te wees.
Vir meer inligting kontak Ds Ruan van Vuuren op 084 584 9394.


