Landswyd is daar sogenaamde nasionale eenman hokke. In die Oos-Kaap is daar vier sulke hokke: op Cradock, Despatch, Boesmansriviermond en Port Alfred. Jongduiwe word vanoor die hele land na die hokke gestuur om met mekaar mee te ding. Hierdie jaar was ds. Predon Roodt van Jeffreysbaai se inskrywing van Glorious Energy by die Dias hok (Boesmansriviermond) die gelukkige duif om die wedvlug te wen en n bedrag van R150 000 los te vlieg. Hier is ds. Roodt met sy wenduif. Foto: VERSKAF


Dominee se duif die beste

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article