Jeffreysbaai het reeds sy feestydbaadjie aan en is gereed om besoekers te verwelkom.
Hulle kan gerus by Dolfynstrand, die hoofstrand, ’n draai maak en ’n foto neem by die vakansie Kombi. Dit is opnuut opgedollie deur die kunstenaar Liezl Kemp Slater en haar vriendin Zelmine van Zyl. Dit is ’n projek van Jeffreysbaai Toerisme en ondersteun deur die Dorp van Dromers organisasie.
Daar is ook verskeie beeldhouwerke aan die seefront te sien met inligtingsbordjies by wat die stories daarvan vertel.





